Danksy die jongste tegnologie kan hierdie private, koordlose kommunikasiestelsels data teen snelhede van 200 megabits per sekonde (mbps) op- en aflaai, vergeleke met 20 mbps van slegs ’n paar jaar gelede.
Groot dele van die landelike en afgeleë – en selfs minder afgesonderde boerderygebiede – word gyselaar gehou deur gebrekkige kommunikasiekanale. Revolusionêre tegnologiese toepassings wat veronderstel is om Suider-Afrikaanse boere se