Landbouweekblad

Sindikate swaai septer in Noordwes

Nuus Aktueel Misdaad

DIT is die tweede keer in vier maande dat hy deurloop onder insetdiewe. Só sê ’n boer van die Coligny-distrik oor die meer as R1 miljoen se chemikalieë wat by hom gesteel is. “In ons geval is 7% van die geldwaarde van ons direkte inset gesteel. Dis skrikwekkend,” sê hy.

Dié skade is maar ’n druppel aan die emmer van miljoene rande se skade wat boere ly omdat die polisie nie in staat is, of bereid is, om hulle te help nie.

Private ondersoekers wat boere bystaan met misdaadvoorkoming en om die skuldiges op te spoor meen dié diefstalle vorm deel van ’n insetdiefstalsindikaat met sy oorsprong in Bothaville.

“Ek werk tans met 25 boere wat die afgelope drie jaar deur die sindikaat beroof is en na raming beloop die totale skade meer as R200 miljoen. Dit is net die sake waarvan ons bewus is,” sê een ondersoeker wat nie sy naam bekend wil maak nie.

Die sindikaat bestaan volgens die ondersoekers uit Suid-Afrikaners en Mosambiekers en hul teikenmark is saaiboere in Noordwes en die Vrystaat. Die Vrystaat-deel van die sindikaat werk skynbaar uit Bothaville en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit