Weg!

MENSE SE LENSE

MENSE SE LENSE

STEPHEN PENSO

Canon PowerShot G7 X

STEPHEN SKRYF: Ek het hierdie foto by die hawe in Simonstad geneem. Dit was sowat tienuur die oggend, maar die lig was nogal swak en daarom het ek seker gemaak dat ek my teen ’n reling stabiliseer sodat ek ’n beter skoot kon kry.

Die weerkaatsings op die water is van ’n sinkskuur wat buite sig na agter staan. Ek het net ’n bietjie ingezoem om die komposisie te kry waarna ek gesoek het, maar verder niks aan die foto verander of gemanipuleer nie.

TOAST SÊ: Stephen se foto laat jou twee keer kyk na wat andersins ’n doodgewone hawetoneel sou wees. ’n Mens sou tipies hier die skuit beskou as hoofvoorwerp in die foto, maar die aweregse strepe en patrone wat deur die weerkaatsende sinkskuur geskep word, steel volkome die kollig.

En tog vermoed ek baie fotograwe sou hierdie toneel nie raakgesien het nie. Dit is belangrik om oor die jare heen ’n goeie oog te ontwikkel vir wat ánders as die gewone is. Honderde mense neem elke dag foto’s by Simonstad se hawe, maar net Stephen het die abstrakte magic in hierdie toneel gesien.

Ek sou die komposisie verder

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related