SARIE KOS

Onderstebo

Omkeerkoeke & stroopsukses DEUR ERRIEDA DU TOIT

Dis suiwer towerkuns, ’n onderstebokoek. Keer die koek om, glip dit uit op die bord en voilà!, dit onthul die mooiste laag vrugtejuwele geset in botterige karamelstroop. Die indrukwekkende gebak vra nie eens enige koekversiervaardighede van ’n pâtissier nie, net swaartekrag.

Die idee om onderstebokoeke te bak kom uit ’n tyd voor kombuise oonde gehad het, toe koeke nog in ysterpanne in die vuurherd gebak is. Vrugte en suiker is op die bodem van die ysterpan gepak, die beslag bo-oor geskep en die pan op die vuur gesit. Dis dan omgekeer om ’n stroperige bolaag te onthul. Net soos die landelike vrugte-frummels (fruit crumbles), was die topsy-turvy ysterpankoeke ’n vlytige manier om die seisoen se oortollige vrugte te gebruik. Hoewel die omkeer-variasie heelwat fyner was, was dit steeds nie pronkerig soos die versierde koeke uit die Victoriaanse tyd nie. Die bakgode was wel flink aan die werskaf om die onderstebo-Aspoestertjie na die bal te neem.

Dis suiwer towerkuns, ’n onderstebokoek. Keer die koek om, glip dit uit op die bord en voilà!

Onderstebokoeke het vroeg in die 20ste eeu vir ’n sensasie in die bakwêreld gesorg met het die regte klimaat geskep vir die omkeerkoek om die wêreld weer terug op sy voete te draai. Die Groot Oorlog en die Groot Griep was verby en mense het met groot optimisme vorentoe gekyk. Sulke tye vra mos vir koek, iets wat jy eet vir die louter genot, eerder as agter die honger aan.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS7 min read
Presto! Pesto
● ’n Vrou se kragtoer ● Waar kom die naam vandaan?● 6 resepte met pesto Wanneer Kathleen Quillinan met haar klein Fiat 500 deur die verkeer vleg, word sy gereeld begroet deur ’n getoeter. Saam met vriendelik-waaiende hande en uitroepe: “Mal oor jou
SARIE KOS1 min read
Resepte-indeks
130 Vyedrankie (B) 131 Vyekonfyt en brood (B) 46 Eiers gebak in basiliekruidpesto (B)47 Smoorsous-ontbyt (B)94 Mexikaanse avokado-eiers130 Oornag-hawermout (B) 94 Jamie Oliver se avokado-kors met ertjie-en-hamvulsel141 Sampioen-focaccia144 Sampioen-q

Related