SARIE KOS

Sensuele sjokoladekoek

“My naam is Pedro Kruger en ek is ’n chocoholic”
PEDRO KRUGER

Grondboontjiebottersjokoladekoek

As ek die dag hierdie koek bak, weet my hele huis ek is in ’n goeie luim. Hy is ryk en hy is heerlik!

genoeg vir een 22 cm-koek

400 g (500 ml) suiker
250 g (450 ml) koekmeel
75 g (200 ml) kakao
7,5 ml bakpoeier
7,5 ml koeksoda
5 ml sout
2 eiers
250 ml karringmelk
15 ml vanieljegeursel
250 ml warm koffie
60 ml gladde grondboontjiebotter
115g (125 ml) ongesoute botter, gesmelt

VERSIERSEL

125 ml gladde grondboontjiebotter
115 g (125 ml) ongesoute botter, by kamertemperatuur
325 g (625 ml) versiersuiker, gesif
75 g (200 ml) kakao, gesif
5 ml vanieljegeursel
135 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Spuit 2 koekpanne van 22 cm met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Klop grondboontjiebotter en botter saam tot lig en romerig met ’n elektriese klitser. Voeg versiersuiker en kakao geleidelik by en meng tot ’n stywe mengsel vorm. Voeg vanielje en room by. Meng tot glad en romerig. Gebruik ’n skerp mes en sny elke koek in 2 lae. Plaas eerste laag op opdienbord en smeer of spuit van versiersel eweredig bo-oor. Herhaal tot al die lae bo-op mekaar gestapel is.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS18 min read
’N SKATKIS VAN Ou-Kaapse geregte
● Oudste resepteboek in SA argiewe● Tydlyn van ons kosgeskiedenis● Herman kry inspirasie uit Manuskrip SB 522 ‘Ek was eerstens beïndruk met hoeveel resepte die manuskrip bevat. Dan was dit fantasties dat daar nie net soet resepte was nie. Destyds he
SARIE KOS2 min read
Klein Dade . . . Groot Vreugdes
Soos wanneer jy deur ’n groot groep mense moet beweeg en iemand maak vir jou plek sodat jy makliker kan verbykom. Of vreemdelinge wat vir jou sê “bless you” as jy nies – ’n ou bygeloof dat dit jou teen onheil sal beskerm. Wanneer iemand buk om iets o

Related