Landbouweekblad

Briewe

Oornat, maar dankbaar

WENBRIEF Vandag reën dit weer met mening op Citrusdal. Duidelik het die engele nie die boodskap gekry nie – dit is mos elke dag plukweer in die hemel. Maar hulle is óf haastig óf die hemelse forklift-drywer is onervare, want soos dit hier bo ons in die wolke rammel, sal ’n mens sweer iemand stoot leë plukkiste rond.

Vroegoggend het die dag nog helder en droog gelyk. Ons is oor die Mouton-brug na Uitsig, net onder Wolfnes waar die Olifantsrivier ’n kinkel teen die berg vas maak, net onderkant waar die Hexrivier laasweek met mag en mening ronde spoelklippe uit die Sederberg kom dump het.

Water maak sy pad, en wyer is altyd beter as hoër, ongeag wat in die pad staan. Noudat die rivier ’n bietjie gesak het, kon ons ’n slag gaan kyk watter regmaakwerk vir ons voorlê. Vroegoggend klouter ons dus teen Wolfnesboord se steil helling af, krap kop, en kom tot die gevolgtrekking dat dit ’n somertyd-projek sal moet wees.

Ons kyk nog so oor die vallei na Grootberg en Vensterberg (die plaas se naam is nie verniet Uitsig nie) en spekuleer of ons nie maar vandag moes pluk nie, toe steek die eerste wolk sy kop bo Duiwelskop uit.

’n Halfuur later, laaste inspeksies gedoen onder in die Platlandboord, begin groot druppels spoeg. Dit is net so ’n skrikmaakreëntjie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding