Landbouweekblad

Briewe

LEKKER PLAASLEWE

As ek terugdink, kan ek net sê my kinderdae was wonderlik. Ek het op ’n pragtige plaas naby Makokskraal in die Wes-Transvaal (Noordwes) grootgeword. My ouers het met Jersey-koeie vir room, skape vir slag, varke vir verkoop, hoenders vir slag en eiers, en mielies geboer. Die bulkalwers het tollies geword en was vir slagdoeleindes wanneer hul ses maande oud geword het.

Ons het 12 werksmense op die plaas gehuisves. Die kinders was my maatjies en ons kon tog te lekker speel. Die dame wat my mamma in die huis gehelp het, was my tweede ma.

Ons het vroeg elke oggend eiers uitgehaal uit die hoenderhok. Mamma was elke oggend vroeg by die stalle waar die koeie gemelk is. Ek het baie keer saamgegaan om die separator se handvatsel te draai om die room van die melk te skei. Die werkers het elkeen eers hul kwota melk vir die dag gekry en dan is die afgeroomde melk toegelaat om suur te word om vir die varke met hul meel te voer.

Ons het ’n hele boord met vrugtebome gehad en ook ál ons groente self gekweek.

Ek verlang nou juis na my mamma se tuisgebakte brood met room.

As kind het ek nooit geweet hoe die onheil broei wat nou sy kop so aspris uitsteek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit