Landbouweekblad

WATERSITUASIE KORT DRINGEND AANDAG

Water is nie net noodsaaklik vir lewe nie, maar ook regstreeks verantwoordelik vir ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling. Suid-Afrika lê ongelukkig in ’n droogtegordel met gemiddelde jaarlikse reënval van net 460 mm, wat die land die 30ste droogste land ter wêreld maak.

Van die oostelike dele van die land neem reënval weswaarts af tot op die vlak waar 21% van die land minder as 200 mm per jaar kry.

Hoë temperature veroorsaak ook dat die potensiale verdampingsverliese die reënval ruim oorskry (1 100 mm tot 3 000 mm per jaar). Al wat kan help, is goeie bestuur.

Suid-Afrika se watersituasie is benard. Dit is waarom kundiges die regering al dekades lank waarsku dat die land teen 2025 te min water gaan hê om in al die behoeftes te voorsien. Hoewel afloopwater wisselvallig is, is dit reeds te laat om nog damme te bou om afloopwater op te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.