AGRI SA en sy filiale moes die afgelope jare hul benadering drasties verander.
“Voorheen het ons meer gekonsentreer op wat en hoe die regering sy werk moet verrig,” sê Willem Symington, nuutverkose voorsitter van Agri Noord-Kaap.
“Die klem het verskuif oor wat ons self moet doen met die samewerking van die regering. Geslaagde openbare-privatevennootskappe kan verseker dat ons tyd en energie doeltreffender bestee word.”
Van die suksesse wat