Water vir die somer
Rekord-graanoes het angel in die stert
Die vyfde oesskatting van die somergraanseisoen dui op die naasgrootste mielie-oes ooit, teen 16,35 miljoen ton. Dié optimistiese syfer verbloem egter groot onsekerheid oor winsgewendheid, en ook skade op plekke. BP Greyling van Wakkerstroom, Mpumalanga, sê boere het in planttyd 100% méér vir kunsmis betaal as gewoonlik, en die groot oes plaas druk op die mielieprys. Op die oostelike Hoëveld was mielieplante vatbaar vir swamsiektes, daar