Landbouweekblad

SA hoenderbedryf boks wel saam met die swaargewigte

SUID-AFRIKAANSE hoenderboere blaas wat mededingendheid betref in die nekke van Amerikaanse produsente en produseer goedkoper as drie Europese mededingers. Brasilië, die wêreld se grootste uitvoerder van hoendervleis, is egter nog loshande voor wat produksiekoste betref.

Die jongste studie deur die Universiteit van Wageningen in Nederland en die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) oor die plaaslike braaihoenderbedryf se mededingendheid relatief tot produsente in ander lande is op syfers van 2021 gegrond.

Prof. Ferdi Meyer, besturende direkteur van BFAP, het op die AVI Africa-pluimveekonferensie op Kempton Park gesê Suid-Afrika se hoë voer- en dagoudkuikenkoste is ’n bron van kommer. Laasgenoemde word deur voerkoste aangevuur.

Suid-Afrikaanse boere betaal beduidend meer vir dagoudkuikens as enige van sy mededingers

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding