SARIE

Sjokolade & rose

kos

DONKERSJOKOLADE

Die geur van dié sjokolade laat ’n soet smaak in party mense se mond terwyl dit vir ander eerder ’n bitter smaak het. Die grênd mense noem dit couverture-sjokolade, wat beteken dit bevat meer kakaobotter en soliede kakao. Die kakao-inhoud word in persentasies gemeet en enigiets bo 70% tel as donkersjokolade. Hoe hoër die kakao-inhoud, hoe duurder en bitterder.

PIENK SJOKOLADE

Al gehoor van ruby sjokolade? Dis ’n natuurlike pienk sjokolade wat as die vierde sjokolade beskou word. Die kleur kom vanaf ’n sjokoladeboon-variëteit wat as Ruby bekend staan. Die sjokolade is die eerste keer in 2017 deur die Belgies-Switserse maatskappy Barry Callebaut bekend gestel.

Die smaak is soet soos dié van witsjokolade met natuurlike suur ondertone. Plaaslik kan jy dit by kocotrading.co.za bestel.

Jy kan dit in resepte gewoon ook met witsjokolade vervang.

WITSJOKOLADE

Regte witsjokolade is baie hoog in suiker en melk en bevat geen soliede kakao nie. Die sjokolade word gemaak van meestal kakaobotter waarvan die kleur wit is. Melkpoeier, suiker en stabiliseerders word in die proses bygevoeg om die sjokolade te maak. As gevolg van die hoë kakaobotterinhoud

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma
SARIE8 min read
Die Taylor Swift Effek
Ek is geen Swifty nie. Haar stem, beeld en hoofstroompopklank is vir my fifty shades of beige and vanilla. As die pa van ’n tienerdogter en ’n liefhebber van woord- en storievertelkuns, is ek egter ’n groot bewonderaar. En nes duisende ander joernali

Related