Hoeveel weeg mev. en mnr. Pikkewyn?
Die derde grootste kolonie brilpikkewyne in Suid-Afrika bly op Voëleiland in Algoabaai. Maar sedert 2015 het die bevolking met byna 70 % afgeneem (’n landwye tendens)!
Waarom raak die pikkewyne so min?
’n Groep NRO’s, navorsers en bewaringsgesindes het oorgegaan tot aksie en ’n geoutomatiseerde pikkewynmonitor op Voëleiland geïnstalleer.
Hoe help die monitor die pikkewyne se saak? Dit weeg die pikkewyne.
Pikkewyne broei gewoonlik elke jaar tussen Februarie en Augustus. Gedurende dié tyd swem hulle