Landbouweekblad

Reusesprong na vrugtepresisie

Wanneer hy om die braaivleisvuur met sy vriende in die graanbedryf gesels het, het Gerhard van Deventer van Groen Erfnis-boerdery by Buffeljagsrivier besef vrugteboere kan nie saampraat wat presisietegnologie betref nie.

“Ons was agter met dié tegnologie en ons het elke dag net meer en meer agter geraak. My pa het my altyd geleer jy hoef nie voor te hardloop nie, maar jy móét bybly met tegnologie,” sê Gerhard, sedert 2001 die tweede geslag wat op Groen Erfnis met perskes, pruime, pere en sitrus boer.

Sowat vyf jaar gelede kon hy geen presisietegnologie vir hoëwaardegewasse soos vrugte opspoor nie. Gerhard en Jason Tomlinson van JD Implemente op Swellendam het toe koppe bymekaar gesit om oplossings te vind.

“Ek sou sê ’n vrugteboerdery kan meer baat vind by presisie wat kunsmis, chemiese produkte en kalk betref as die graanbedryf, want ons boer met meerjarige gewasse en ’n vrugteboord moet 20, 30 jaar oud word.”

Vandag bespuit Gerhard akkuraat met ’n aangepaste presisiespuit, en dien kunsmis en produkte soos gips en kalk wisselend toe met twee omgeboude uitstrooiers. In

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding