Geldbeplanning
As daar een aspek is waarteen die meeste kenners waarsku, is dit om in moeilike omstandighede wanneer ’n mens se belegging in waarde val, alles te verkoop en in kontant te plaas.
Die val in die mark in Maart 2020 toe covid-19 op die toneel verskyn het, was een van die beste voorbeelde nóg van die risiko van só ’n strategie. Nadat die mark in minder as ’n week met meer as 30% geval het, het dit net so vinnig herstel en