DIS genoeg om ’n mens te laat huil. Jy kyk van die strokie in jou hand na die winkelsakkie op die toonbank en weer terug. Ons betaal ál meer vir ál minder, en jy weet nie aldag hoe om die rieme nóg dunner te sny nie. Maar daar is ’n paar sondebokke op jou inkopielys wat die totaal vinnig laat
vermeerder: al daardie skoonmaakprodukte wat jou kas so vol staan – ’n bottel vir elke hoekie van jou huis.
Met ’n bietjie meer beplanning en ’n paar slim wenke om jou produkte