Die eerste Comrades-marathon het op 24 Mei 1921 plaasgevind. Dié ultrawedloop was die geesteskind van ’n veteraan uit die Eerste Wêreldoorlog, ene Vic Clapham. Hy wou ’n jaarlikse toets vir fisieke uithouvermoë vestig ter herinnering aan die ontberinge wat Suid-Afrikaanse soldate in die oorlog verduur het.
’n Roete van sowat 89 km is tussen Pietermaritzburg