DÍT MAAK ONS COMRADES WEERGALOOS
DIS stikdonker en snerpend koud, maar tienduisende drawwers staan skouer teen skouer en wag op die oomblik waarvoor hulle so hard gewerk het. In sitkamers landwyd sit gesinne met bekers stomende koffie met ewe veel afwagting voor die televisie.
Die opgewondenheid styg wanneer die hoendervelklanke van “Chariots of Fire” oor die atlete spoel. Dan kraai die hoenderhaan en met ’n gejuig begin die see van mense deur die strate stroom
Dis die begin van nog ’n Comrades-marathon, Suid-Afrika se weergalose sportskouspel wat vanjaar ’n eeu oud is.
Dis 90 km van bloed, sweet en trane, ongelooflike drama en heldedade. Een jaar afdraand van Pietermaritzburg na Durban; die volgende jaar opdraand. Teen moordende bulte soos Polly Shortts en Cowies Hill word atlete gebreek en legendes gebore. Wally Hayward, Bruce Fordyce, Frith van der Merwe, Nick Bester, David Gatebe …
“Die Comrades is uniek in soveel opsigte,” vertel Cheryl Winn, voorsitter van die Comrades Marathon Association (CMA) en die 1982-vrouekampioen. “Die oudste, grootste en beroemdste wedloop in Suid-Afrika geniet die respek van hardlopers oral.”
Maar dis nie die kampioene wat aanhangers so begeester nie. Die hardste toejuiging is vir gewone deelnemers wat, fisiek geknak, soms letterlik oor die eindstreep kruip. Ons word ontroer deur onselfsugtige atlete wat ander na die einde sleepdra; en jy huil saam met dié wat net-net die afsnytyd misloop.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days