Doof vir dié krisis
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het sy stem gevoeg by herhaalde pleidooie dat die staat met die private sektor saamwerk om ’n einde te bring aan die dieregesondheidskrisis wat tans heers. Tekorte aan noodsaaklike entstowwe teen bloutong en Afrika-perdesiekte wat deur die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig word, het tot duisende vrektes gelei. Volgens James Faber, RPO-voorsitter, is daar boere wat tot die helfte van hul kuddes aan bloutong verloor het. Daar het niks gekom van ’n paneel wat