Op elke plaas in Suid-Afrika sal jy ’n trekker vind, hetsy ’n kleintjie waarmee algemene take verrig word tot reuse met die nuutste tegnologie wat moet help met presisieboerdery. Met so ’n uiteenlopende mark moet die vervaardigers van trekkers, werktuie en ander gemeganiseerde toerusting op hul voete dink om klante tevrede te hou.
Daar is ook sekere faktore wat inwerk op ’n boer se besluitneming wanneer hy ’n werktuig wil koop, soos brandstofverbruik, onderhoud, doeltreffendheid en