Landbouweekblad

Trekkerverkope vertel ’n storie

Min dinge weerspieël die uiteenlopende aard van die Suid-Afrikaanse landbou so akkuraat soos die verskeidenheid trekkers wat ’n mens op plase teëkom – van klein, ratse werktuie wat minder as 20 kW opwek, tot indrukwekkende reuse wat meer as 400 kW uitskop, en van splinternuwe, hoëtegnologie-trekkers met gevorderde sagteware tot werkesels wat ewe tuis in ’n museum kon wees.

Die data wat die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging (Salma) en Agfacts sedert die vroeë 1980’s oor trekkers en stropers insamel en oordra, weerspieël ook tot ’n groot mate hoe boerdery in Suid-Afrika oor dekades verander het.

Dr. Jim Rankin, uitvoerende hoof van Agfacts, sê die norm voor 1981 was dat daar jaarliks sowat 15 000 nuwe trekkers in Suid-Afrika verkoop is. Sedertdien het dié syfer gedaal tot die jongste vyfjaargemiddelde van sowat 6 500 trekkers.

Drie sleutelfaktore het volgens hom bygedra

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit