Buiten die streng covid-19-inperkings in China het ’n laat seisoen druk op Suid-Afrikaanse verwerkers geplaas om die neute voor die Chinese nuwejaar uit te voer. Tog was daar ’n goeie vraag na pekanneute en 2022 was steeds ’n suksesvolle jaar vir produsente.
Suid-Afrika het ’n rekordoes van 31 867 ton pekanneute gehad met pryse van gemiddeld R70/kg. Dit was