FYN beplanning en die regte mense. Dít is volgens Kadri Nassiep, uitvoerende direkteur van energie by Stad Kaapstad, die wenresep vir munisipaliteite wat hul inwoners met eie opwekking teen hoë vlakke beurtkrag wil beskerm.
Sulke munisipaliteite moet onder meer klem lê op die samevoeging van opwekkingsprojekte in kernopwekkingsgebiede of groeperings binne hul provinsie.