In my boek, Die Laaste Eland, het ek die epiese verhale van drie jaar se elandjagtogte in die Musina-distrik vertel. Ek het my letterlik moeg geskryf aan hoe ek moes sukkel om in 2015, 2016 en 2017 elande in die hande te kry. Dit het tot die publikasie van die boek gelei. Teen die einde van 2017 het ek verklaar dat ek nooit weer so sal sukkel nie. Van toe af, het myself belowe, sal ek sommer net gewoonweg jag. Ek sou skiet wat voorkom: blouwildebees, rooibok, koedoe of gemsbok. Verby was die dae van nougesette vasberadenheid op die elandspoor!
Só maklik kry jy die ou groot gryses egter nie uit jou bloed nie en aan die begin van 2018 het my gedagtes teruggedwaal na die bos agter die Soutpansberg waar die groot elande leef. Die obsessie het uit die dood opgestaan. Die tweede dwaling was erger as die eerste. Met die skryf en redigering van het die jagtersinstink