Drupbesproeiingstelsels bestaan hoofsaaklik uit druppers (bo- of ondergronds). Verstoppingsprobleme kan algemeen voorkom omdat druppers baie klein openinge het waardeur water voorsien word.
Dit ontstaan gewoonlik weens die watergehalte en moet reeds in die ontwerpfase geïdentifiseer word sodat daar van die begin af voorkomende onderhoud van die stelsel kan wees.
Die ontwerp van die stelsel moet verder voldoende wees om die werksdruk te kan hanteer, asook vir eenvormige watertoediening, doeltreffende filter- en spoelaksie en chemiese toedieningsbehoeftes.
Toetsprosedure
Die algemene toetsprosedure vir drupbesproeiingstelsels kan as volg uiteengesit word:
■ Teken die algemene inligting aan.
■ Kies ’n verteenwoordigende toetsblok.
■ Installeer ’n vloeimeter in