Landbouweekblad

Slim bespuiting was nog nooit so belangrik nie

Die boer wat geld wil bespaar of aan die Europese Unie se Green Deal wil voldoen, sal op ’n ander vlak na die doeltreffende toediening van landbouchemiese middels moet kyk.

Dít is die boodskap van Marius Ras, onafhanklike landboukonsultant verbonde aan Ras Consult.

“Ek was onlangs in Europa en dit is ál waaroor gepraat word. Hulle is baie daarop toegespits om die Green Deal te laat werk en ons in die landbou moet besef dat ons sewe oesseisoene van nou af daaraan sal moet voldoen.”

Dit vereis dat ’n 50%-vermindering in die gebruik van landbouchemiese middels bewys moet word. “Doeltreffende toediening is een van die maniere om dié doelwit te bereik.

“Die eerste stap wat ’n boer kan doen, is om te kyk na die tydsberekening van sy bespuiting. Ek dink die tyd gaan vinnig verby dat ’n voorkomende besluit volgens ’n kalender geneem kan word. Dikwels bespuit die boer omdat dit in die tydsprogram is, maar dit is dalk onnodig.”

Daarom beveel Marius aan dat die boer bestaande tegnieke en tegnologieë gebruik om die optimale tydsberekening van toedienings te bepaal.

Hou ’n oog op die weer

“Gebruik byvoorbeeld weerstasies op jou plaas om weervoorspellings te doen, sodat jy kan bepaal of daar risiko’s van besmettings op kort, medium- en lang termyn is. Beplan bespuitings dan daarvolgens.”

Die volgende stap, sê Marius, is om te kyk na die aktiewe bestanddeel van die formulasie wat gebruik word, sodat dit binne die riglyne van gesonde plaagbestuursbeginsels val of as deel van geïntegreerde plaagbestryding (IPM) gebruik word. Boere gaan dikwels terug na gevaarliker produkte omdat hulle hulself in die moeilikheid gedompel het deur nie binne die omgewingsriglyn te hou nie of wanneer weerstoestande veroorsaak dat ’n middel nie na behore funksioneer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter