SAAD en kunsmis van tot R30 miljoen is verlede jaar in verskeie voorvalle op onder meer Steynsrus, Vierfontein, Kroonstad en Bultfontein gesteel, en ná slagoffers die voorvalle met groot moeite en teen groot koste ondersoek het, meen hulle ’n sindikaat is daarvoor verantwoordelik.
Jurg Kruger, ’n private ondersoeker van die Suid-Afrikaanse poligraaf-en-ondersoekdienste (Sapis), sê die sindikaat bestaan uit Suid-Afrikaners en Mosambiekers en is al ’n paar jaar in veral die