KORTOM
■ Die Reserwebank verwag dat voedselinflasie betreklik hoog gaan bly teen gemiddeld 9,9% vir die jaar.
■ Dit is nie ’n oormaat besteding wat inflasie opjaag nie, maar fundamentele faktore, tekorte aan voedsel en ander koste wat nie met rentekoerse gerem kan word nie.
■ Die verslag van die mededingingskommissie oor stygende voedselpryse bevat oppervlakkige ontledings en ongefundeerde stellings.
Die laaste week van Maart was taamlik ongemaklik in die makrolandbou-omgewing. Eerstens het die mededingingskommissie ’n verslag uitgereik waarin ongegronde stellings gemaak word oor stygings in voedselpryse en die marges vanaf die plaashek na die winkelrak. Die kommissie het probeer bewys dat die mark nie goed werk nie en dat daar manipulasie