NAGENOEG R3 miljard is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie verlore weens agterstallige ondersoeke wat uitkomste moet bepaal vir aansoeke om invoertariewe op verskeie produkte te verander.
“Die tyd wat dit kos om ondersoeke oor invoertariewe af te handel, duur te lank,” het Donald MacKay, uitvoerende hoof van XA Global Trade Advisors onlangs gewaarsku tydens ’n bespreking van dié maatskappy se tweede ondersoekende verslag