Katoenhektare duik in bloedige, droë somer
Planne om die Suid-Afrikaanse katoenbedryf vanjaar ’n hupstoot te gee met groter aanplantings is in die wiele gery deur reën wat aan die begin van die seisoen weggebly het.
Die grootste probleem vir die 2024-seisoen was die beskikbare grondvog om betyds te kon plant in veral droëlanddele van Noordwes en Limpopo. In sommige gebiede moes daar weens droogte en hoë temperature oorgeplant word, en in ander kon daar nie geplant word nie.
Volgens Katoen SA is