VERANDERENDE weerpatrone in somersaaigebiede laat sommige boere kwesbaar vir ontydige rypskade wat nie deur oesversekering gedek word nie.
Op Graan SA se jaarkongres het sommige boere gevra dat die versekeringsbedryf die einddatum van sy rypdekking vir somergewasse, naamlik 31 Maart, heroorweeg. Mnr. Joseph Swanepoel, ’n boer van die distrikte Brits en Thabazimbi, het in die wintergraanwerkgroep se sessie versoek dat Graan SA