Die byebedryf is tans onder groot druk. As daar nie dringend aandag gegee word aan kwessies soos strenger wetgewing oor die diefstal en vandalisme van byekorwe en die onbeheerste afsaag van bloekombome nie, kan landbousektore wat afhanklik is van bestuiwing deur bye, binnekort onder groot druk wees.
Só sê mnr. Jaco Wolfaardt, ’n kommersiële byeboer van Swellendam met 30 jaar ondervinding.
Die getal byeboere het meer as verdubbel oor die afgelope paar jaar, wat verdere druk op nektarbronne plaas. Daar is sowat 5 800 geregistreerde byeboere in Suid-Afrika, van wie die meeste in die Wes-Kaap is.
Byeboerderye wat bestuiwingsdienste lewer, dra sowat R25 miljard per jaar tot die landbou in Suid-Afrika by.
“Die lewering van goeie bestuiwingsdienste is baie belangrik, want die proses moet op ’n spesifieke tydstip plaasvind. Daar is sekere gewasse wat tot 95% afhanklik is van die bestuiwing deur bye en as die bestuiwingsproses nie binne ’n sekere tydperk plaasvind nie, kan boere groot produksieverliese ly. Ek sal graag wil sien dat die verskillende gewasorganisasies strenger inspeksiedienste instel om eenvormige bestuiwingsdienste in die bedryf te lewer waarvoor die boer betaal om ’n goeie oes te kan verkry.”
ONGEKENDE GROEI – EN SA SE HEUNING KOM VAN CHINA
Vanweë die toenemende groei in die aanplant van gewasse wat bestuiwing benodig, is die kans goed dat die bestaande getal byekorwe wat tans in Suid-Afrika is, binne die volgende tien jaar sal