Landbouweekblad

’n Wêreld wat worstel met water, energie en voedsel

Suid-Afrikaners is die afgelope paar jaar intens bewus van watertekorte en beurtkrag, maar ook van inflasionêre elektrisiteits-, brandstof-, kunsmis- en voedselpryse, en wêreldwyd worstel lande met dié kwessies.

Voedselsekerheid, met ander woorde die produksie van gesonde, veilige voedsel in voldoende hoeveelhede teen pryse wat nie tot buitengewoon hoë stygings in die algemene lewenskoste lei nie, hang nou saam met genoeg, skoon water en voldoende, bekostigbare energie.

Trouens, die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO), verwys daarna as die water-energievoedsel-neksus.

Suid-Afrika se kragkrisis het opnuut onderstreep dat beurtkrag watervoorsiening in die wiele ry. Die omgekeerde is egter ook waar. ’n Buitengewoon droë, warm somer het sommige riviere in Frankryk verlede jaar só erg geraak dat dit sy kernkragopwekking belemmer het. Voldoende krag en die beskikbaarheid van water

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit