Landbouweekblad

Werktuig help mielieboer eerste oor wenstreep

KORTOM

■ Dié boerdery is heeltemal op minimumbewerking ingestel. Hulle ploeg lankal nie meer nie en doen net strookbewerking om ’n saadbedding te maak.

■ Hulle oorweeg om weer na ’n oorlêstelsel oor te skakel. Hul besluit hang af van hoe klimaatsverandering boere gaan dwing om veranderings te maak.

■ Hulle bemark nie hul mielies deur voorafkontrakte nie. Die belangrikste is om eers die oes in te samel.

INLIGTING

Plaasligging: Schweizer-Reneke

Naam: Zitland

Eienaarskap: Maatskappy (DMJ van der Merwe-boerdery) en privaat

Vertakkings: Saaiery (mielies, sojabone en katoen) en vee (Brahman-kruiskoeie en Charolais-bulle)

Grondtipe: Verskillende soorte – Avalon, Bainsvlei, Clovelly, Tukulu en Westleigh

Veldtipe: Soetveld

Gemiddelde reënval: 450 mm per jaar

Vanweë hoë insetkoste en moeilike toestande wat saaiboere teister, moet hulle alles in hul vermoë doen om groot oeste te behaal. As die reënwolke egter wegbly – of as dit oorvloedig reën en menige land versuip – kan hulle niks daaraan doen nie, maar hulle kan minstens sorg dat alles binne hul beheer klopdisselboom loop.

Mnr. Davie van der Merwe vertel hoe hy die afgelope seisoen die hoogste droëlandopbrengs met mielies in Noordwes in Graan SA se opbrengskompetisie behaal het. Die ander mielie-kategorieë of -streke in die Groei vir Goud-kompetisie is KwaZulu-Natal, Oostelike Hoëveld, Oos-Vrystaat, Sentraal, watertafel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit