HAMERMEULE MAAL NOU STOFVRY
Die vervaardiger van Hippo-hamermeule, ABC Hansen, het verlede jaar die nadeligste aspek van alle hamermeule, naamlik stof, getakel.
Die ontwerp van die lugvervoerstelsel – uniek aan Hippo-hamermeule – is drasties verander sodat al dié meule wat van 2023 af verkoop word, stofvry bedryf kan word. Dit is danksy negatiewe druk met ’n unieke meganiese gravitasiedrukklep.