RONDOMTALIE-KRAAL VERMINDER STRES BY BEESTE
Tal-Tec, ’n maatskappy wat veehanteringstoerusting vir die rooivleisbedryf ontwerp en vervaardig, se jongste uitvinding is ’n rondomtalie-vangkraal wat die beeste op só ’n manier na die uitgang druk dat hulle minder stres ervaar as in ’n tradisionele vangkraal met ’n tregtervormige uitgang.
Mnr. Greg Talbot, uitvoerende hoof van Tal-Tec, het gaan kers opgesteek by die Amerikaanse dierewetenskaplike prof. Temple Grandin, wat haar