AKSYNS WURG
ksynsbelasting op wettige sigaretverkope beloop meer op ’n pakkie sigarette as waarvoor onwettige sigarette verkoop word. Tog is die 4,9%-verhoging in aksynsbelasting op tabakprodukte wat mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, in sy begrotingsrede aangekondig het, vir die eerste keer in jare laer as die inflasiekoers.