![f0086-01](https://article-imgs.scribdassets.com/4sy0kplyf4aojrtg/images/fileFIYM3XQF.jpg)
JUDY JOOSTE was ’n paar jaar gelede by ’n diereskuiling in Pretoria met vrywilligerswerk besig toe sy ’n klein worshondtefie raakgesien. Dit was liefde met die eerste oogopslag.
“Sy het my hart gesteel van die eerste oomblik dat ek haar ontmoet het. Ek het net daar besluit sy gaan saam met my huis toe,” vertel Judy. '
Op die oog af was dit nes enige ander storie van iemand wat ’n oulike brakkie by ’n skuiling aanneem. Maar Vesper, die hondjie op wie Judy haar hart verloor het, was helaas nie net ’n gewone hondjie nie. Sy het ’n toestand gehad wat haar ruggraat aangetas en haar weldra heeltemal verlam in die agterlyf gelaat het. Sy het gesukkel om haar ontlasting te beheer