Kuier

GENADEKANS VIR CALEB

Die sewe maande oue babaseuntjie nestel saggies met sy kop teen sy ma se bors, sy ogies kyk nuuskierig rondom hom. Dit lyk asof hy nie ‘n bekommernis in die wêreld het nie. Tot jy die pype sien wat uit sy neus en in sy keel loop wat hom help om asem te haal.

Caleb Petersen is nie sommer net enige normale baba nie. Dié klein vegter het die grootste deel van sy jong lewe in die hospitaal deurgebring, waar hy vandag nog is. Trouens, hy staan bekend as Tygerberg-hospitaal se “miracle baby”, want oor die afgelope vier maande moes klein Caleb se liggaampie aanslae hanteer wat min kinders van sy ouderdom sou kon oorleef. Telkemale het die mediese personeel sy ouers voorberei op die ergste, dat hy dit dalk nie sou maak deur die nag nie, dat hulle hul enigste seun moes groet, maar telkemale het hy teruggeveg en almal verstom met sy vermoë om terug te kom.

Dit was nie ‘n maklike pad vir sy ouers, Chantel Smith (33) en Gilroy Petersen (33), nie. Selfs as hulle nou nog terugkyk, staan hulle in verwondering en dankbaarheid dat hul seuntjie nog leef en hulle hom kan vashou.

Daar was niks wat hulle voorberei het op die nagmerrie wat op hulle gewag het nie.

Chantel van Scottsville, Kraaifontein in die Kaap, vertel sy het ‘n normale swangerskap gehad en met Caleb se geboorte het alles ook goed afgeloop.

Die enigste ding wat wel ‘n impak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related