Tuis

Lowerryke toevlug

WIE WOON HIER? Pauline Nossel en haar poedel, Gigi

WAAR Morningside, Johannesburg

GROOTTE 120 m²

GRONDTIPE Komposverrykte leem

OUDERDOM VAN TUIN 9 jaar

Donker en troosteloos. Dis hoe Pauline Nossel die eiendom wat sy nege jaar gelede gekoop het, beskryf. “Nie net die huis nie, ook die tuin,” voeg sy by. Sy wou destyds afskaal en was op soek na ’n enkelverdiepinghuis. As afgetrede hoof van die klavierdepartement by Wits-universiteit moes sy plek hê vir twee vleuelklaviere sodat sy haar werk met studente kon voortsit. “Boonop moes ek ’n huis vind waar die klavierklanke nie die bure sou pla nie,” verduidelik sy.

“Dié eiendom is in ’n kompleks en het aan al my vereistes voldoen, behalwe dat dit glad nie vir my mooi was nie,” onthou Pauline. Die tuin was piepklein – net ’n breë gang so lank soos die huis, met ’n swembad-bome en ’n outydse prieel toegegroei onder stowwerige rankplante het die atmosfeer nog meer mistroostig gemaak. “Dié plante het soveel skadu geskep dat ek die ligte heeldag moes aan hou,” vertel Pauline.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis12 min read
Kerriekos
Hierdie vinnige ete is luuks en maak ’n heerlike bederfmaal. Dit is my weergawe van Fatima Sydow se garnaal-akhni uit haar boek Kaap, Kerrie en Koesisters, geskryf saam met Gadija Sydow Noordien. Op ’n weeksaand vervang ek die seekos met minihoenderf
Tuis23 min read
Hoera Vir Hoender
Dié rissiesous is baksous sowel as bykos. Dis heerlik geurig, eerder as skelwarm – proe self. Genoeg vir 6 • Voorbereiding: 40 minuteGaarmaaktyd: 1 uur en 20 minuteOondtemperatuur: 180 °C • 6 hoenderkwarte• 1 blik (400 ml) klapperroom• gestoomde rys
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related