Landbouweekblad

Weidingsbestuur verbeter veld en troef droogte

LIGGING VRYSTAAT

INLIGTING

Plek: Springfontein

Plaas: Grootzuurfontein, Bobsfontein en Jakhalsfontein

Grootte: 2 632 ha

Vertakkings: Merino’s en ’n Rooipoenskop-stoetery, skaapvoerkraal

Veld: Suidwestelike karoo-agtige veld van die Vrystaat en skyn-karooveld

Reënval: 423 mm/jaar

KORTOM

■ ’n Wetenskaplike weidingstelsel laat dié Suid-Vrystaatse boerdery se inkomste met R147 per hektaar verhoog en die risiko vir droogte van 65% tot 20% afneem.

■ Die swakste deel van die plaas se weidingskapasiteit het tot 17 ha/GVE verbeter teenoor 28,7 ha/GVE in 2004.

■ ’n Driegroep-kampstelsel met ’n ritme van vier seisoene word toegepas.

Die aansienlike veldverbetering op ’n aanvanklik weidingsarm skaapplaas in die Vrystaat het nie oornag gebeur nie, maar ná net duskant twintig jaar van volgehoue veldbestuur, het die risiko van droogte van 65% tot 20% afgeneem.

Boonop kan mnr. Arnold Griesel van Grootzuurfontein danksy sy verbeterde weiveldbestuur 225 meer ooie aanhou as in 2004 met die begin van die projek. Sy inkomste het die afgelope 18 jaar met R147 per hektaar verhoog, en sy inkomste ná voerkoste beloop R1 729,60 per ooi.

Dele van die plaas wat aanvanklik in ’n swak tot baie swak toestand was, het danksy die wetenskaplike weidingsbestuursbenadering aansienlik verbeter. Waar die kampe aanvanklik deur onsmaaklike karoobossies (hoofsaaklik bekkersbos en bitterbos) en fynkweekgras oorheers is, is die hooggewenste vingergras en gewenste krulblaar tans die dominante plante, terwyl rooigras ook aansienlik vermeerder het en tans op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit