Landbouweekblad

‘VERGELYK JOU MET DIE BESTE EN WEES DIE BESTE’

KORTOM

■ Ondanks ’n swak vrugtejaar het dié vyfdegeslagboer 15% beter presteer en is sy peervertakking bekroon.

■ Hy het as plaaswerker begin en “lees” ’n boom soos min – ’n stewige grondslag wat tot heelwat uitbreidings gelei het.

■ Weiding staan sentraal tot sy melkery, wat verlede jaar selfs sy vrugte met winsgewendheid geklop het.

As die vyfde geslag wat boer op Eselfontein, ’n plaas van 2 500 hektaar in die Warm Bokkeveld by Ceres, is mnr. Deon Malherbe baie bewus daarvan dat hy iets bestuur wat hy nie self staangemaak het nie, maar verantwoordelik is om dit volhoubaar te bedryf vir geslagte wat kom.

Ons staan op die wal van hul plaasdam – een van die grootstes in die omgewing – en kyk uit oor Eselfontein.

“Hieruit moes my broer en suster se plase gekoop word. Toe ek oorneem, het ek dus daarop gekonsentreer om eerder die plaas te hernu as om groter te gaan. Meer hektare is nie noodwendig beter nie. My pa se woorde was altyd om te groei met maksimum wins tot ’n volhoubare toekoms.

“Dit is nou my beurt om die plaas te verbeter vir die volgende geslag sodat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit