Landbouweekblad

25% WINS MET MELK

Menige melkboer is onder skoot, maar dié melkery sorg danksy regstreekse bemarking en verkope in hul eie melkwinkel vir ’n stewige wins.

Dikwels moet ander vertakkings die melkery dra, maar op Fernie-Haugh by Warburton in Mpumalanga sorg mnr. Barend Rautenbach dat presies die omgekeerde geld. Die melkery sorg nie net vir die meeste inkomste nie, maar betaal ook die hele boerdery se produksiekoste, wat elektrisiteit, diesel en arbeid insluit, sodat die mielies “skoon wins” is wat weer in die boerdery belê word. Dan kan hulle verse en werktuie koop en vir die volgende jaar se aanplantings beplan.

Die 35-jarige Rautenbach, derde in TLU SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie, boer op die familieplaas wat in ’n maatskappy, RAU Agri, gesetel is, met elke familielid ’n aandeelhouer. Sy een broer, Rudi (41) boer saam, en hul ander broer, Riaan (39), ’n vlieënier vir Working on Fire, spring ook gereeld in vir plaaswerk as die tyd hom toelaat.

Hul pa, Ben, is die hoof van die boerdery en hul ma,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh