Uitvoersukses vir bloubessies in dorre Namibië
Die agt jaar lange droogte het Namibië weer eens laat besef hoe kwesbaar sy landbou en ekonomie is, en hoe belangrik dit is om die groot afhanklikheid van beesboerdery te probeer verklein.
Hoewel beesboerdery loshande die grootste landboubedryf is en die produksiewaarde al tot R3,6 miljard per jaar beloop het, is daar verskeie ander kleiner bedrywe wat elk ’n waardevolle bydrae lewer.
’n Egpaar van die plaas Keizen by Summerdown, mnr. Lourens en me. Henriëtte Le Grange, het eerstehands gevoel hoe kwesbaar hulle is. Hulle het jare lank met Braunvieh- en kruisrasbeeste en SA Boerperde by Summerdown geboer, waar hulle ook houtskool van indringerbosse vervaardig. Later is Wagyu-beeste bygevoeg om die risiko verder te versprei.
Die skerpste pyl in hul koker is egter hul betrokkenheid by ’n boerdery met bloubessies by Mashare in Kavango-Oos, waar hulle die bessies uit die Kavangorivier besproei en dus nie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days