Landbouweekblad

AMANDELS: Nie nodig vir skoolgeld, dié lesse is al geleer

Toe mnr. Erik Viljoen, ’n wyn-en-groenteboer van die plaas Memel in Overhex naby Worcester, begin soek na ’n hoëwaardegewas om by sy boerdery te voeg, het een aspek van die amandelbedryf hom veral opgeval.

“Dit was vir my interessant dat meer as 80% van die wêreld se amandels uit Amerika kom. Voeg jy Spanje en Australië by, is dit sowat 95%. Ons kan amandels egter baie goedkoper in Suid-Afrika produseer omdat ons grond en produksiekoste goedkoper is. Dit gebeur baie min dat ’n mens in ’n ontluikende mark die geleentheid kry om met ’n ontwikkelde land mee te ding,” sê Viljoen, wat die afgelope sewe jaar 150 ha amandels gevestig het.

Hy is tans besig om ’n projek saam met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie aan te pak waar hy en vennote ’n verdere 120 ha amandels en 20 ha kersies tydens die eerste fase plant. Uiteindelik sal die projek sowat 250 ha beslaan.

Volgens mnr. Stephan le Roux, besturende direkteur van Robertson Almond Company (RAC) en ’n kleinseun van mnr. Rino Brochetto, wat reeds in die 1970’s op die familieplaas Addersfontein naby Montagu amandels gevestig het, kos dit bykans R200 000/ha om amandels in Amerika te produseer. “In Suid-Afrika kos dit R100 000/ha. Ons kan dus baie langer in die mark bly as hulle.”

Le Roux se pa, Hansie, meen die amandelbedryf in Suid-Afrika is nou goed gevestig en heelwat lesse is al geleer. Nuwe toetreders kan dus met ’n geruster hart die bedryf betree. Van die probleme wat hulle meen uitgestryk is, is opbrengs, onderstamme, waterbestuur en bemarking.

Die bedryf se grootste prioriteit is om goeie opbrengste na te jaag.

“Amandels is ’n kommoditeit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter