Landbouweekblad

Groen waterstof kan SA boere baat, maar ...

Suid-Afrika se ambisie om ’n wêreldleier in die groen waterstofbedryf te word, is in November 2022 deur pres. Cyril Ramaphosa aan die groot klok gehang toe hy die potensiaal en voordele van dié hernubare kragbron tydens sy openingsrede van die land se eerste groen waterstofberaad in Kaapstad uiteengesit het.

Groen waterstof geniet volgens hom voorkeur binne die regering se plan vir die land se oorgang na laer koolstofvrystellings en klimaatveerkragtigheid. Om dit te bewerkstellig, sal sowat $98 miljard (R1,5 biljoen) oor die volgende vyf jaar nodig wees.

Volgens Ramaphosa bied die groeiende wêreldwye vraag na groen waterstof en sy afgeleide produkte aan Suid-Afrika ’n unieke geleentheid om sy minerale en hernubare hulpbronne te gebruik om industrialisasie aan te dryf, werk te skep, beleggings te lok, landelike gebiede te ontwikkel en weg te beweeg van fossielbrandstof.

Die departement van hoër onderwys, wetenskap en innovering doen al sedert 2007 navorsing oor die vervaardiging van groen waterstof. Volgens Ramaphosa het Suid-Afrika die potensiaal om teen 2050 van 6-13 miljoen ton groen waterstof en afgeleide produkte te produseer, waarvoor 140-300 GW se hernubare krag nodig sal wees.

Volgens Ramaphosa bou dié beraad oor groen waterstof voort op ’n beraad vir die ontwikkeling van volhoubare

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit