BOEING, die internasionale lugvaartreus, is ’n vennoot in die suikerwaardeketting se voorbrand vir die vestiging van ’n bedryf wat surplus-suikerriet in lugvaartbrandstof omskep. Dít is een opsie wat die bedryf tans ondersoek om uit sy afwaartse spiraal weg te breek.
Die bedryf is die afgelope twee dekades bloots gery deur ’n reeks terugslae wat aanplantings laat daal en die bedryf met te min verwerkingsvermoë gelaat het om sy uitset in dieselfde produksiejaar te verwerk.
Alternatiewe inkomstestrome vorm deel van die meesterplan vir die suikerwaardeketting tot 2030, wat in 2020 aanvaar is en waarvolgens plaaslike verbruik van die bedryf se uitset onder meer verhoog moet word en alternatiewe inkomstestrome ontwikkel moet word.
Die rietkwekersvereniging SA Canegrowers en ander in die plaaslike waardeketting ondersoek biobrandstof vir die lugvaartbedryf deur lidmaatskap van die rondetafel oor volhoubare biomateriale (RSB), ’n internasionale liggaam wat hom bearbei vir die oorgang na volhoubare