SARIE KOS

SUURLEMOENMERINGUE Die soet saam met die suur

Suurlemoensoufflé

Moenie bang wees vir soufflé nie, dis regtig maklik om te maak!

genoeg vir 8

VANIELJEVLA
● 3 eiergele (hou witte vir meringue)
● 65 g (75 ml) strooisuiker
● 25 ml koekmeel
● 25 ml mielieblom (Maizena)
● 300 ml melk

MERINGUE
● 115 g (125 ml) botter, gesmelt
● hand vol bruinsuiker
● 3 eierwitte (wat jy oorgehou het)
● 200 g (250 ml) strooisuiker

● 150 ml gekoopte suurlemoensmeer vir voorsit

Vanieljevla Klits eiergele, strooisuiker, meel, mielieblom en helfte van melk in ’n mengbak tot glad. Bring res van melk tot kookpunt en gooi oor eiermengsel terwyl jy klits. Gooi mengsel deur ’n sif terug in pot en klits oor lae hitte tot gladde, dik tekstuur, soos witsous. Gooi mengsel in ’n skoon bak en plaas kleefplastiek direk op oppervlak van vla. Laat afkoel tot koud en gestol.

Meringue Verf 8 oondvaste bakkies met ’n volume van 250 ml en sowat 8 cm diep met gesmelte botter.

Sprinkel bruinsuiker in gesmeerde bakkies tot heeltemal bedek aan binnekant. Plaas in yskas tot yskoud. Verhit oond sonder waaier tot 160 °C. Plaas koue vla in ’n mengbak en klits met ’n draadklitser

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
Hoor Gou
Die ouderdom van (waarskynlik) die wêreld se oudste blikkie sjokolade. Dis in 1902 aan ’n skoolmeisie geskenk ter viering van die kroning van Edward VII, koningin Victoria se seun. Die lekkergoed, wat meer as ’n eeu onaangeraak gebly het, gaan nou op
SARIE KOS2 min read
Eet Gesond
Dis hoeveel minute sampioene moet kook om sag te word. Sou jy dit langer wou kook, of van die tyd vergeet, gaan dit nie toffietaai raak nie. Punt is: Vir sampioene se tekstuur om te verander, moet dit ’n volle 40 minute kook. Dis dan 57% taaier, mini
SARIE KOS1 min read
Resepte-indeks
130 Vyedrankie (B) 131 Vyekonfyt en brood (B) 46 Eiers gebak in basiliekruidpesto (B)47 Smoorsous-ontbyt (B)94 Mexikaanse avokado-eiers130 Oornag-hawermout (B) 94 Jamie Oliver se avokado-kors met ertjie-en-hamvulsel141 Sampioen-focaccia144 Sampioen-q

Related