SA Hunter/Jagter

MOSAMBIEK-BUFFELJAGKOMPETISIE DIE ONDERVINDING VAN ’N LEEFTYD...

Tydens die derde week van November het Lawrence Meintjes (wenner van die SAJWV se buffeljagkompetisie), sy vrou Ansu, Gert Booyse (eienaar van die hoofborg, Rhino Bullets) en ek die tog na Zambeze Delta Safaris (ZDS) in Coutada 11, Mosambiek, aangepak. Om logistieke redes moes ons die laaste ongeveer 240 kilometer met die Cruiser aandurf nadat Gert ons op Beira se lughawe opgelaai het en ons almal eers die aand daar oorgeslaap het.

Weens swaar reën die vorige dag was die pad tussen Dondo en Inhamitanga vol modderpoele en vragmotors wat vassit – die rit het ons nege ure geneem om te voltooi! Coutada 11 is ’n gesogte bestemming wat uiters gewild is onder bekende jagters en skrywers, voëlkykers en bewaringskundiges. Die pad na die kamp neem jou deur die sandwoude met reusebome en
-struike wat jou amper aan ons eie Knysna-woude herinner. Die aantal rooiduikers, blouduikers en soenies wat ons gesien het, al was dit vroegmiddag, was moeilik om te glo – hulle wemel behoorlik daar.

Ons het die res van die dag ontspan en laatmiddag op ’n wildbesigtigingsrit gegaan in ’n klein gedeelte van die 250 000 hektaar-konsessie wat groter is as die hele Pretoria en Johannesburg tesame, of anders gestel, ’n sirkel met ’n deursnee van meer as 56 kilometer. Die volgende oggend is daar gewere ingeskiet – die kamp se .416 Rigby en .300 Win Mag wat Lawrence sou gebruik. Daarna is ons na die vloedvlakte op soek na sy Lichtenstein se hartebees, of mofhartebees soos dit in Suid-Afrika bekend staan.

Die sandwoud het redelik vinnig in ’n vloedvlaktelandskap verander, gekenmerk deur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter8 min read
Afrika Se Superkampioen
“I experienced two very different emotions at the same time: extreme fright, and the utmost respect. As I lay there and looked up at the buffalo, I had nothing but admiration for it, even though it was trying to kill me. For the briefest moment, the
SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons
SA Hunter/Jagter6 min read
The Covid Project
I have been tinkering with the workings of firearms for as long as I can remember – much of it without my dad’s knowledge of the fact that I had made a key for his safe! This systematically developed into an eye for perfection and trying to fill the

Related Books & Audiobooks