SA Hunter/Jagter

MOSAMBIEK-BUFFELJAGKOMPETISIE WEER EENS ’N FANTASTIESE ONDERVINDING!

Ná die suksesvolle aanbieding van die grootste kompetisie van sy soort in 2022, is die SAJWV en SA JAGTER/HUNTER se 2023-Buffeljagkompetisie met groot afwagting geloods. Die wenner, Henk Becker (’n lid van die SAJWV se Tembo-tak), was die gelukkige persoon wie se naam deur onafhanklike ouditeure en onder toesig van die NLC (Nasionale Loterykommissie) se personeel op 8 November 2023 getrek is. Henk het sy vriend Grant Anderson saamgenooi. Beide van hulle is ervare skuts: Henk is ’n toppresteerder by die vereniging se nasionale kampioenskappe en Grant het al Suid-Afrika op Protea-vlak verteenwoordig – die manne mag maar skiet!

Op 23 November 2023, ná ’n lekker ontbyt by O.R. Tambolughawe, het Henk, Grant, die SAJWV se president, Basie Bergh, en ek Beira toe gevlieg waar die span van Zambeze Delta Safaris se helikopter reg gestaan het vir die sowat uur lange vlug na hulle kampe in die Coutada 11-jagkonsessie waar hulle reeds sedert 1992 safari’s aanbied. Die vlug oor die Zambezi-delta is iets besonders wat mens net werklik kan waardeer as jy dit self sien. Die Coutada 11-konsessie bestaan uit vyf verskillende habitatte – Miombowoud, sand-woud, tropiese savanne, die vloedvlakte en die moeras. Elke habitat is die tuiste van die vele verskillende spesies wild wat daar voorkom – 21 jagbare spesies. Die troppe en troppe diere wat ’n mens uit die lug kan sien is te danke aan die puik bestuur en teenstropingswerk wat hulle doen (sien ook “Snelvuur” in hierdie uitgawe).

Die ontvangs by die vliegveld was kenmerkend van die ZDS-span – vriendelike glimlagte, personeel wat jou tasse versorg en ’n heerlike koue glasie vrugtesap vir lafenis teen die hitte-golf wat die gebied getref het. Ons het tuisgegaan in die Ngazikamp wat in die 1960’s deur Portugese jagters gebou is en onlangs deur ZDS opgeknap is. Dit is ZDS se “klein” kamp wat sowat vier jagters kan huisves, kompleet met lugversorging in die rondawels – meer oor die hitte later!

Nadat ons afgepak het,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter3 min read
Hodgdon’s Perfect pattern Powder
As many readers are aware, the price of shotgun cartridges is rocketing skywards for a variety of reasons, and handloading is becoming a more attractive proposition for South African shotgunners. This, however, creates a new set of problems: how to f
SA Hunter/Jagter6 min read
The Covid Project
I have been tinkering with the workings of firearms for as long as I can remember – much of it without my dad’s knowledge of the fact that I had made a key for his safe! This systematically developed into an eye for perfection and trying to fill the
SA Hunter/Jagter4 min read
GRIEKSE MOUSSAKA Met ’n Wildsvleiskinkel
Lae sappige vleis, soet eiervrug, romerige witsous met ’n bros dakkie kaas – alles gebak tot stomende perfeksie. Dít klink mos nou soos ’n plan! Ek het altyd wildsmaalvleis in my vrieskas en het die pakkie koedoevleis só gekyk en net daar besluit dit

Related Books & Audiobooks